Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

FATMAN SHOW BY CASTLE DE WILDT

October 8, 2021 @ 6:00 pm

OKTOBERFEST NAWEEK MAKIETIE!
Dis Oktobermaand, die mooiste, mooiste maand! Dis warm in die Bosveld, en ‘n yskoue bier is nie te versmaai nie! Sit ‘n paar lip-lekker disse by, gooi bietjie musiek in die pot, skep ‘n heerlike atmosfeer met interessante stalletjies om te besoek, en siedaar! Jy bevind jouself by Castle de Wildt se Oktoberfest!

Ons skop die feestelikheid af met die immergewilde FATMAN op 8 Oktober!!! Beslis een om nie mis te loop nie!!!
Castle de Wildt is alombekend vir sy heerlike markte en feesgeleenthede! Die puik geriewe binne en buite is ideaal vir feestelike samekomste soos wildveilings, verjaarsdae partytjies en troues. Oktoberfest is die nuutste toevoeging to die Castle de Wildt kalender, en op 9 Oktober 2021 gaan daar groot vrolikheid heers wanneer die biertuine om 9 uur oopmaak. Terwyl die Agility Mini-Konferensie en WRSA Nasional Veiling in volle swang is, kan gaste en besoekers met ‘n koue bier in die hand heerlik tussen die stalletjies kuier.

In egte Castle tradisie, sal n keur van kosstalletjies beskikbaar wees met die klem op ou gunstelinge soos kaneel pannekoek, kerrie-en-rys en kondensmelkkoffie.

As gevolg van Covid-19 regulasies, sal slegs ‘n beperkte aantal uitstallers toegelaat word om hule produkte en ware ten toon te stel. Voornemende uitstallers kan tydig ‘n uitstalspasie bespreek en telleurstelling voorkom. Skakel vir Stephanie du Plessis by (014) 736 4653 om meer inligting te bekom en te bespreek.
Kom kuier saam met WRSA, Gys Pitzer Motors en Wildswinkel by Castle de Wildt op 9 Oktober 2021!

Details

Date:
October 8, 2021
Time:
6:00 pm
Event Categories:
,

Venue

Castle De Wildt
Limpopo South Africa + Google Map
Phone:
072 278 8854